Loading... Please wait...
  • Al Wat Ek Weet (Afrikaans, Paperback) - ISBN 9780799378993

Al Wat Ek Weet (Afrikaans, Paperback) - HELDERBERG

R210.00
SKU:
Helderberg ISBN 9780799378993
Condition:
New
Weight:
0.50 KGS
Availability:
This title ships within 7-10 days based on stock availability. Shipping cost to your door is based on your total order volume and calculated at checkout.
Quantity:

Product Description

Al Wat Ek Weet (Afrikaans, Paperback)

Author/s: Marita Van Der Vyver

Jy’s kwaad vir die hele wereld. En jou enigste wapen is ’n rugsak vol woorde.

Gabriel is vyftien jaar oud. Fifteen going on fifty, soos sy ma altyd geterg het. En na haar dood weet hy skielik nie meer waar hy inpas nie.

Die sielkundige wil he hy moet oor sy gevoelens praat. Maar hoe verduidelik jy vir haar dat dit die afgelope paar maande makliker geword het om met woede te cope as met snot en trane? Hoe verduidelik jy dat jou kastige “gemengde bloed” jou anders as die res maak? Hoe verduidelik jy dat dinge net nie meer dieselfde tussen jou pa is nadat hy in ’n sielkundige inrigting opgeneem is nie, terwyl jy moet probeer aangaan met jou lewe? Hoe verduidelik jy waarom jy al twee keer jou polse met ’n knipmes probeer oopkerf het?

Daarom verloor Gabriel homself in die wereld van performance poetry, waar jy jou woede in woorde kan omsit en dit vir ’n gehoor uitbasuin. In hierdie wonderwereld van woorde leer hy om sy hand diep binn-in sy rugsak vol woorde te steek en die woorde soos gloeiende kole vir ’n gehoor te gooi.

Dan ontmoet hy vir Sasha, wat mooier is as Sneeuwitjie en boonop ’n ding of twee van poesie weet ... ’n Eg Suid-Afrikaanse tienerverhaal oor ’n sukkelende pa-en-seun-verhouding en die reddende krag van woorde.

Van der Vyver skryf oortuigend en boeiend oor die wereld van performance poetry en die hoofkarakter, Gabriel, se pogings om na sy ma se dood sin te maak van die wilde draaie wat die lewe partykeer met ’n mens gooi. Al wat ek weet was die naaswenner in LAPA se jeugromankompetisie vir 2015.

Find Similar Products by Category


Product Reviews

This product hasn't received any reviews yet. Be the first to review this product!

Write your own product review




School Supplies

Sign up to our newsletter